Woord vir Vandag - 4 Junie 2026
Loading player...
“…Hierdie klippe sal die Israeliete altyd daaraan herinner.” Josua 4:7 NLV
Hoe om jou Jerigo te oorwin (1)
Jerigo was die sterkste stad in die Beloofde Land en die eerste stad wat Josua se leër moes verower. Omdat Jerigo se mure ondeurdringbaar gelyk het, sou dit intimiderend vir enige voornemende indringer voorgekom het. Daarom het God vir sy mense gesê om te onthou en op te teken wat Hy in die verlede vir hulle gedoen het. Hy het gesê: ‘Kies twaalf mans uit die volk, een uit elke stam en sê vir hulle: ‘Kry twaalf klippe uit die middel van die Jordaan’… by Gilgal het Josua die twaalf klippe…opmekaargestapel’ (Josua 4:2-3, 20 NLV). Josua het dit ter herinnering toe God die water van die Jordaan geskei het, opgerig. Een van jou beste wapens teen Satan se aanvalle is ‘n goeie geheue. Moenie een van God se seëninge vergeet nie! Die psalmdigter sê: ‘Dit is Hy wat my vergewe as ek verkeerde dinge doen. Hy maak my gesond. Hy red my uit die kloue van die dood… Die Here oorlaai my met al die goeie dinge in die lewe… Die Here help almal wat onderdruk word. Hy is goed’ (Psalm 103:3-6 DB). Skep ‘n trofeekamer in jou hart. Elke keer as jy ‘n oorwinning ervaar, plaas daardie herinnering op ‘n rak. Voordat jy ‘n uitdaging in die gesig staar, neem ‘n vinnige toer van die prestasies wat God namens jou bereik het. Kyk na al die salarisstrokies wat Hy voorsien het, die seëninge wat Hy gegee het en die gebede wat Hy verhoor het. ‘Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot’ (Klaagliedere 3:21-23 AFR83).