Woord vir Vandag - 5 Junie 2026
Loading player...
“…Besny die Israeliete weer ‘n keer.” Josua 5:2 NLV
Hoe om jou Jerigo te oorwin (2)
Voordat die Israeliete Jerigo verower het, het God vir Josua gesê om die Israeliete vir ‘n tweede keer te besny. Seshonderd jaar tevore het God die praktyk van manlike besnydenis ingestel. Hy het vir Abraham gesê dat dit ‘…’n teken dat julle my verbond nakom’ (Genesis 17:11 NLV), sou wees. Wat was God se bedoeling met die tweede besnydenis? Jy moet onthou aan wie jy behoort! In ‘n sekere sin is alle gelowiges besny. Paulus het geskryf: ‘Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ‘n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis wat Christus bewerk. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van jou sondige geaardheid’ (Kolossense 2:11 NLV). Dit beteken dat jy nou God se kind (Johannes 1:12); Christus se vriend (Johannes 15:15); ’n lid van Christus se liggaam (1 Korintiërs 12:27); verlos en vergewe van al jou sondes (Kolossense 1:14); een met Christus (Kolossense 2:10); vry van veroordeling (Romeine 8:1-2); God se medewerker (2 Korintiërs 6:1); saam met Christus in die hemel gesetel (Efesiërs 2:6); God se handewerk (Efesiërs 2:10); ‘n burger van die hemel (Filippense 3:20); aangeneem in God se familie (Efesiërs 1:5); en uit God gebore en bewaar van die bose (1 Johannes 5:18), is. Weer eens skryf Paulus: ‘Julle moet dus ook verseker weet dat julle vir die sonde dood is, en nou vir God lewe deurdat julle één is met Christus’ (Romeine 6:11 NLV). Wanneer die duiwel dus naby jou kom, moenie sy beskuldigings verduur nie en moenie vir sy aanvalle terugdeins nie. Wanneer hy jou vorige foute ophaal, vertel hom wie jy in Christus is (sien 2 Korintiërs 5:17). Hy het geen verweer teen hierdie waarheid nie. Hy weet wie jy is. Hy hoop net dat jy dit nie weet nie, of dat jy dit sal vergeet.