Woord vir Vandag - 9 Junie 2026
Loading player...
“…Ek het harder gewerk as al die ander – en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het.” 1 Korintiërs 15:10 NLV
Oefen Godvertroue eerder as selfvertroue uit
Trots bevorder selfstandigheid. Dit sê vir ons dat ons inderdaad dinge op ons eie kan doen. In ons poging om in selfvertroue te wandel, slaan ons die deur in God se gesig toe en sluit die werk van die Heilige Gees, ons Helper, uit. Paulus was geleerd, gesofistikeerd en toegewyd, maar hy het nederig verklaar: ‘Ek is werklikwaar die geringste van al die apostels, een wat die naam van ‘n apostel nie werd is nie omdat ek God se kerk vervolg het. Maar deur God se onverdiende goedheid is ek vandag wat ek is. Hy het sy goedheid nie tevergeefs aan my bewys nie. Ek het harder gewerk as al die ander – en tog was dit ook weer nie ek nie, maar God se goedheid wat my gedra het’ (verse 9-10 NLV). Dit maak nie saak hoeveel talente en vermoëns jy besit nie, sonder God sal dit jou net tot by ‘n sekere punt bring. Jesus het gesê: ‘Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan my verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie’ (Johannes 15:5 NLV). Die bron van ons vertroue moet dus God en nie onsself wees nie. Wanneer mense wat in Godvertroue wandel se planne skeefloop, is hulle wys genoeg om hul begeertes ondergeskik aan die soewereine wil van God te stel. Hulle herinner hulself vinnig: ‘’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het’ (Spreuke 19:21 NLV). Hulle is oortuig dat God ‘n hoër doel vir hul lewe het en dat geen mens dit kan dwarsboom nie. Oefen dus Godvertroue eerder as selfvertroue uit.