Woord vir Vandag - 10 Junie 2026
Loading player...
“…ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe…” Filippense 3:13-14 NLV
Moenie tou opgooi nie; hou aan!
Iemand het gesê: ‘Die geheim van sukses is om soos ‘n eend te wees - glad en onverstoord bo die water, en woes besig om onder die oppervlak te swem.’ Niccolò Paganini, die bekende negentiende-eeuse violis, het die waarheid hiervan geïllustreer. Sy onvergeetlikste konsert was nie ‘n maklike uitvoering nie. Hy moes woes onder die oppervlak spartel om die konsert uit te voer. Die konsert is met ‘n volle orkes voor ‘n stampvol gehoor in Italië uitgevoer. Diegene wat hom hoor speel het, sê dat sy tegniek ongelooflik en sy toon fantasties was. Teen die einde van die konsert was hy besig om sy gehoor met ‘n baie moeilike komposisie te verstom, toe een snaar op sy viool skielik breek en slap van sy instrument afhang. Paganini het net gefrons, sy kop geskud en aanhou speel deur pragtig te improviseer. Toe, tot almal se verbasing, insluitend Paganini s’n, breek ‘n tweede snaar. Kort daarna breek ‘n derde snaar. Dit het soos ‘n komedie gelyk waar Paganini voor die ontsaglike skare met drie snare wat aan sy Stradivarius-viool hang, staan. In plaas daarvan om egter die verhoog te verlaat om sy instrument te herstel, het hy ferm bly staan. Hy het die moeilike stuk kalm op die een oorblywende snaar voltooi – ‘n vertoning wat hom applous, bewondering en blywende roem besorg het. Paulus was ook so ‘n man: ‘…ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het.’ Ons almal wat geestelik volwasse is, moet ook so dink. Moet dus nie opgee nie; hou aan!