Woord vir Vandag - 13 Junie 2026
Loading player...
“Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is…” Efesiërs 3:18 NLV
Bid vir ‘n openbaring van God se liefde (2)
Thomas Aquinas was een van die grootste skrywers en denkers van die Middeleeue. Sy Summa Theologica is een van die geskiedenis se blywendste teologieë. Aquinas het dit egter nooit voltooi nie as gevolg van iets wat op 6 Desember 1273 gebeur het. Hierdie gebeurtenis het veroorsaak dat hy heeltemal ophou skryf het. ‘Alles wat ek al geskryf het, lyk soos onsin,’ het Aquinas gesê, ‘in vergelyking met dit wat nou aan my geopenbaar is.’ Presies wat hierdie openbaring behels, bly ‘n raaisel, maar daardie een openbaring het al die kennis wat hy opgedoen het, oortref. Dis wat jy ook nodig het. Jy het ‘…geestelike wysheid en insig…’ (Efesiërs 1:17 NLV), nodig. Niks sal jou lewensuitkyk, of selfs jou persoonlikheid, so vinnig verander soos ‘n openbaring van God se liefde nie. Dit is egter geheel en al anders as die manier waarop ons liefde op ‘n menslike vlak gee en ontvang. Sy liefde is eerstens onvoorwaardelik. Daar is niks wat jy kan doen sodat God jou meer of minder lief het nie, want Hy het jou reeds perfek en ewig lief. Selfs wanneer jy dit nie beantwoord nie, ontmoedig of verminder dit nie sy liefde vir jou nie. Dit beklemtoon dit. ‘God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was’ (Romeine 5:8 NLV). Dis maklik om iemand lief te hê wanneer hulle op hul beste is. Dis egter nie so maklik wanneer hulle op hul slegste is nie. Dis egter die toets van ware liefde. Ons liefde is geneig om reaktief te wees, maar God se liefde is proaktief. Hy het ons lief wanneer ons dit die minste verwag en dit die minste verdien.