Woord vir Vandag - 14 Junie 2026
Loading player...
“Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei?..” Romeine 8:35 NLV
Bid vir ‘n openbaring van God se liefde (3)
Paulus het gevra: ‘Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei?’ Die antwoord is nee – niks nie! Nie eers ‘…dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging…’ (vers 35 NLV), sal dit regkry nie. ‘Ontbering’ het Paulus laat terugdink toe hy op ‘n skip in die Middellandse See tydens ‘n verskriklike tifoon was. ‘Vervolging’ het hom aan die feit dat hy by Listra gestenig en vir dood agtergelaat is, herinner. ‘Beproewinge’ het Paulus laat onthou dat hy voor Nero self tereggestaan het. Hy het ook honger gely, is deur ‘n giftige slang gebyt, en die klere is van sy rug afgeskeur sodat hy gegésel kon word. Dit het ook nie net een of twee keer gebeur nie. Vyf keer het hy die maksimum vonnis ontvang - veertig houe minus een. Paulus se rug is met ‘n sweep geslaan en met 195 letsels deurkruis. Ontbering het een van twee gevolge: dit verhard of versag ons harte. Dis daardie verharding of versagting wat ons maak of breek. Volgens een meningspeiling onder Londenaars het 60 persent van diegene wat Duitsland se blitzkrieg tydens die Tweede Wêreldoorlog oorleef het, dit as die gelukkigste tyd van hul lewens onthou. Dis die moeilike tye wat ons liefde toets. Dis egter ook hoe dit bewys word. Die liefde van Christus is nie deur sy wonderwerke bewys nie - dit is aan ‘n Romeinse kruis bewys. Dit het bewys dat Christus se liefde onfeilbaar is. Dus, maak nie saak watter probleme, ontbering of vervolging jy in die gesig staar nie, dit sal ook verbygaan. Jesus is by jou en Jesus is vir jou. Niks, absoluut niks, kan jou van sy liefde skei nie!