Woord vir Vandag - 15 Junie 2026
Loading player...
“Kom laat ons die Here ken!...” Hosea 6:3 NLV
God het meer vir jou in gedagte
Die Here het die kerk in Efese daarvan beskuldig dat hulle hulle eerste liefde versaak het (sien Openbaring 2:4) en die kerk van Laodisea dat hulle nie warm of koud is nie, maar louwarm (sien Openbaring 3:15-16). Lees die volgende Skrifgedeeltes noukeurig en biddend: ‘Moenie sê: ‘Waarom was die ou dae beter as die huidige?’ nie. Dit is nie uit wysheid dat jy daaroor vra nie’ (Prediker 7:10 NLV). ‘Die pad van die regverdiges is soos die lig met dagbreek. Dit word al helderder totdat die volle dag aanbreek’ (Spreuke 4:18 NLV). ‘Kom laat ons die Here ken! Laat ons ons inspan om ons aan Hom toe te wy! Dan sal Hy ons antwoord. Dis so seker as die aanbreek van die nuwe dag of die koms van die reën, die lentereëns wat die grond deurweek’ (Hosea 6:3 NLV). ‘Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel. Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My ontvang het, aan julle meedeel’ (Johannes 16:13-14 NLV). ‘Vra My, en Ek sal jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie’ (Jeremia 33:3 NLV). ‘Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word’ (Efesiërs 3:18-19 NLV). Die woord vir jou vandag is – God het meer vir jou in gedagte.