Woord vir Vandag - 17 Junie 2026
Loading player...
“As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.” Jeremia 29:13 NLV
Bid daaroor
Fanny Crosby, die bekende gesangeskrywer, het gesê dat sy nooit ‘n gesang probeer skryf het sonder om eers in gebed te kniel nie. Aangesien sy ongeveer 8 000 liedere geskryf het, was sy duidelik ‘n vrou van gebed! Geliefde gesange soos ‘Blessed Assurance,’ ‘To God be The Glory’ en ‘I am Thine, O Lord’ is uit tye van gebed gebore. Soos baie kreatiewe mense, was sy dikwels onder druk om sperdatums te haal. Eenkeer het sy probeer om lirieke vir ‘n deuntjie wat deur W.H. Doane gekomponeer is, te skryf. Sy kon blykbaar net nie die woorde vind nie, maar toe onthou dat sy vergeet het om eers te bid. Toe sy van haar knieë af opstaan, het sy - so vinnig as wat haar assistent kon skryf - die woorde vir die beroemde gesang, ‘Jesus, Keep Me Near the Cross,’ gedikteer. ‘n Ander keer het sy vyf dollar vir iets spesifieks nodig gehad, maar sy was platsak. Daar was geen tyd om haar bankier te raadpleeg nie, dus het sy eenvoudig vir die geld gebid. Toe haar gebed klaar was, het sy heen en weer in haar kamer begin loop en probeer om in die regte stemming te kom om te skryf. Net op daardie tydstip klop ‘n bewonderaar aan haar deur. Die twee het kortliks gesels en met hul afskeid het die vrou iets in Fanny se hand gedruk. Dit was ‘n vyfdollar-noot! Fanny het op haar knieë geval om God te bedank en direk daarna een van haar bekendste gesange geskryf: ‘All the Way My Saviour Leads Me.’ Die geheim tot Fanny Crosby se sukses is nie 'n ‘geheim’ nie. Voordat sy enigiets vir God probeer doen het, het sy eers God vir hulp genader. Die woord vir jou vandag is dus - bid daaroor!