
Regering kniehalter nie monitisering van sosiale media
Loading player...
Die kwessie oor die monetisering van Namibiese inhoudskeppers se sosiale media-inhoud is op die Nathan Dasneves-podsending bespreek. Sosiale media-platforms gebruik gewoonlik PayPal of Stripe vir betalings, waartoe Namibiërs nie toegang het nie. Tydens die podsending het inligtingminister Emma Theofelus beklemtoon dat die regering nie die proses kniehalter nie. Sy verduidelik.

