Voorgestelde Wes-Kaapse behuisingswet ' 'n skande'

Loading player...
Die Voices Against Evictions Campaign het die Wes-Kaapse Departement van Menslike Nedersettings se openbare deelnameproses oor die voorgestelde wetgewing oor behuising as 'n skande bestempel. Woordvoerder Keith Duarte sê die besluit om net een openbare verhoor in Langa te hou terwyl daar sowat 5,15-miljoen inwoners in Kaapstad is, voldoen glad nie aan die wettige of grondwetlike vereistes vir werklike openbare deelname nie:
27 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gautengse polisie vind R3 miljoen se tik

Die Gautengse polisie het 'n 35-jarige man in Diepsloot in hegtenis geneem na 'n intelligensie-gedrewe operasie deur die Teen-Narkotika-Misdaadintelligensie-eenheid en ander belanghebbendes. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê beamptes het ongeveer tien kilogram crystal meth, of tik, met 'n geraamde straatwaarde van drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand onder 'n matras in 'n woning gevind…
1 Jun 11AM 1 min

Kuba se gesondheidsdiens op rand van ineenstorting

Kuba se eens ikoniese en gevierde gesondheidstelsel is besig om in duie te stort. Die land se gesondheidsdiens is nou onder erge druk ná jare van wanbestuur en Amerikaanse sanksies, en Amerikaanse president Donald Trump se olie-embargo het die probleem tot 'n spits gedryf. Chris Sabatini van die Koninklike Instituut…
1 Jun 11AM 1 min

Unam-studente moet nóú vir Nsfaf-hulp aansoek doen

Meer as 6 000 studente aan die Universiteit van Namibië loop die risiko om finansiële bystand mis te loop namate die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds voorberei om sy aansoekvenster vir befondsing te sluit. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die universiteitswoordvoerder, Simon Namesho, dat studente wat reeds vir…
1 Jun 10AM 1 min

Registrasie van nie-SA voertuie wat na SA reis het begin

Die tydelike registrasie van nie-Suid-Afrikaanse voertuie wat van SACU-lande afkomstig is en wat daardie land binnegaan, het vandag in werking getree. Die proses word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens geïmplementeer. Die ses maande lange permit kan aanlyn of by die grens verkry word. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel…
1 Jun 10AM 1 min

Eerste direkte Zürich-Windhoek Edelweiss-vlug land vanaand

Die eerste langverwagte Edelweiss-vlug wat Zürich en Windhoek verbind, land vanaand. Dit bring die totale vlugte deur die Lufthansa-groep se Edelweiss en Discover rederye op 13 weekliks te staan. Die groep sal meer as 152 000 jaarlikse sitplekke bydra, wat Namibië se posisie as 'n belangrike toegangspunt tot Europese markte…
1 Jun 10AM 1 min