
EU wil meer saamwerk in plaaslike onderwys
Loading player...
Die adjunk-ambassadeur van die Europese Unie in Namibië, Ian Dupont, sê die blok is gretig om samewerking met Namibië in die onderwyssektor te verdiep. Hy het met belanghebbendes gepraat by 'n werkswinkel oor befondsingsgeleenthede vir hoër onderwysinstellings. Hy nooi Namibiërs uit om deel te neem aan die Europese Unie se programme soos Horizon Europe en Erasmus+.

