
AfriForum gaan hof toe oor Graaff-Reinet-naam
Loading player...
AfriForum het die Hooggeregshof in Pretoria genader om minister Gayton McKenzie se besluit om Graaff-Reinet se naam te verander, te hersien ná 'n kennisgewing in die Staatskoerant 21 voorgestelde naamsveranderinge gelys het. Alana Bailey van Afriforum voer aan die proses is ongrondwetlik, duur en die inwoners is daarteen gekant. Sy sê die stap kan toerisme benadeel en gemeenskapsverdeeldheid verdiep terwyl die aandag aflei word van diensleweringsuitdagings en bestuursmislukkings in die betrokke munisipaliteite:

