
OTM-sluitings in klein dorpe 'kan gemeenskappe agterlaat'
Loading player...
Inwoners van Kamanjab het gekla dat hulle gestrand was nadat die laaste outomatiese bankteller in die dorp gesluit is. Hulle moes na Khorixas of Outjo, albei meer as 100 kilometer ver, reis om kontant te trek. Die diens is egter Maandag herstel. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gekry, wat sê banke moet versigtig wees om niemand agter te laat nie

