
Stad Windhoek moet paaie regmaak, nie inwoners: IPC-LP
Loading player...
Samora Machel-kiesafdelingraadslid Lydia Kanime word gekritiseer nadat sy voorgestel het dat inwoners van Havana se Eneas Peter Nanyembe-gedeelte self harke en grawe moet optel en reënbeskadigde grondpaaie in die buurt herstel. Dit volg op klagtes van die gemeenskap oor die paaie se swak toestand. Die IPC-skaduminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Armas Amukoto, sê hierdie verantwoordelikheid moet nie op inwoners geplaas word nie.

