
Namibië herdenk vandag volksmoord
Loading player...
Namibië eerbiedig vandag Volksmoordherdenkingsdag, ter ere van die tienduisende Ovaherero- en Nama-mense wat tussen 1904 en 1908 tydens die eerste volksmoord van die 20ste eeu deur Duitse koloniale magte gedood is. Die Ovaherero en Nama is die woestyn ingedryf, vermoor of in konsentrasiekampe opgesluit waar baie weens hongersnood, siekte en dwangarbeid gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het met Maboss Ortmann, die sleutelwoordvoerder en tegniese adviseur vir die Nama Tradisionele Leiersvereniging gepraat.

