Vyf Ghanese sonder dokumente in SA gestrand

Loading player...
Die Grensbestuursowerheid sê 295 van die 300 Ghanese wat hul regering se aanbod van repatriasie aanvaar het, kon Woensdag op ʼn huurvlug vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe uit Suid-Afrika vertrek. Dit volg ná ʼn vlaag betogings teen onwettige immigrasie wat vrese van hernude xenofobiese geweld laat ontstaan het. BMA-woordvoerder Mmemme Mogotsi sê vyf Ghanese kon weens verskeie redes nie vertrek nie. Dit sluit in dat hulle nie geldige reisdokumente en ʼn geldige permit as asielsoeker gehad het nie:
28 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe N$85 miljoen-hotel bring werksgeleenthede na Swakopmund

’n Nuwe vyfster-boetiekhotel, The Bohlen, sal na verwagting werksgeleenthede in Swakopmund ’n hupstoot gee, met byna 200 tydelike konstruksieposte en ongeveer 50 permanente poste. Die plaaslike toerismemaatskappy ultimate.earth belê 85 miljoen Namibiese dollar in die hotel. Konstruksiewerk is reeds aan die gang en die hotel sal na verwagting in die…
28 Oct 6AM 1 min

N$5 miljoen vir sanitêredoek-inisiatief om menstruele armoede te bekamp

Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die 5 miljoen Namibiese dollar wat aan die Nasionale Sanitêredoek-inisiatief tydens die hersiene mediumtermyn-begroting vir 2026/27 toegeken is is, sal help om menstruele armoede onder kwesbare leerders te bekamp. Sy het aan die Nasionale Vergadering gesê die befondsing volg op…
28 Oct 5AM 1 min

Bek-en-klouseer in Namibie raak streek se veepryse

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië raak ook die Suid-Afrikaanse lewendehawebedryf, waar die onderbreking van grenshandel die aanbod van diere beperk. Dr. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie, sê die ontwrigting kan sommige produsente aanvanklik bevoordeel deur pryse op te stoot, maar waarsku dat dit nie noodwendig volhoubaar is nie…
28 Oct 6AM 1 min

BKS in Karasburg beperk tot 18 plase, 7 400 beeste ingeënt

Die woordvoerder van die Ministerie van Landbou, Romeo Muyunda, het bevestig dat die bek-en-klouseer-uitbreking in die Kharas-streek steeds tot die Karasburg-distrik beperk is, met die aantal positiewe gevalle stabiel op 131 op 18 plase. Massa-inenting is aan die gang suid van die B3-pad, met 19 spanne wat tot dusver meer…
28 Oct 6AM 1 min