
Konflik-inflasie jaag rentekoerse op
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe persent verhoog, wat beteken prima-uitleenkoerse van handelsbanke in die buurland gaan ook met 0,25% styg. As lid van die gemeenskaplike monetêre area (CMA) en die koppeling van die Namibiese dollar aan die rand, volg die Bank van Namibië (BoN) tradisioneel die SARB se beleidsneigings. Die BoN se repokoers staan tans op 6,5%. Die monetêre beleidskomitee vergader weer op 15 en 16 Junie, waartydens 'n besluit oor die BoN se repokoers geneem sal word. SARB-president, Lesetja Kganyago, het die verhoogde repo aan stygende inflasie toegeskryf:

