
Volksmoord: Praat, luister en genees, sê Duitsland
Loading player...
Duitsland se ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter, sê versoening tussen gemeenskappe wat deur die volksmoord van 1904 tot 1908 geraak is, en Duitsland bly ’n proses van genesing en wedersydse begrip. Tydens ‘n plegtigheid op Lüderitz ter ere van Volksmoordherdenkingsdag het Hutter versoening beskryf as “’n proses van praat en luister, om wonde en letsels aan te spreek en daaraan aandag te gee.” Die volksmoord op die Ovahereho- en Nama-bevolking van 1904 tot 1908 is Donderdag landswyd herdenk. Tydens die herdenking van die Slag van Ohamakari het die voormalige speaker van die parlement, prof. Peter Katjavivi, gesê Volksmoordherdenkingsdag moet Namibiërs verenig:

