
Byna 28 000 paroolvoortvlugtiges in SA soek
Loading player...
Action Society sê openbare veiligheid en slagoffers se regte moet voorkeur geniet bo administratiewe prosesse. Dit volg na aanleiding van berigte dat byna 28 000 paroolvoortvlugtiges nie opgespoor kan word nie. Die organisasie sê dit verteenwoordig 'n ernstige mislukking in die paroolstelsel en plaas gemeenskappe in gevaar, veral waar gewelddadige oortreders betrokke is. Woordvoerder Juanita du Preez sê die stelsel moet fokus op die beskerming van mense en verseker dat oortreders behoorlik gemonitor word:

