
LGBT+ in Namibië onder die loep
Loading player...
Die Instituut vir Beleidsnavorsing (IPPR), in samewerking met onafhanlike navorser en aktivis, Abigail Solomons, het 'n inligtingsdokument oor die LGBT+-gemeenskap saamgestel. Die inligtingsdokument ondersoek die spanning tussen grondwetlike regte, hofoorwinnings, wetgewende terugslae en sosiale houdings wat die geleefde realiteite van LGBT+ Namibiërs vorm – en vra hoe ver Namibië nog moet gaan in die bou van 'n werklik inklusiewe demokrasie. Kosmos 94. Nuus het met Solomons gepraat:

