
Tennis: Sinner in Franse Ope uitgeskakel
Loading player...
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is in die tweede rondte van die Franse Ope uitgeskakel nadat hy in snikhete toestande fisies gesukkel het. Die Italianer was in die derde stel met 5-1 een pot weg van ʼn oorwinning toe hy duiselig word en krampe kry, en ʼn mediese blaaskans moes neem. Sinner het die derde stel verloor en kon nie weer op dreef kom nie. Die wêreld se nommer 56, Manuel Cerundolo van Argentinië, het hom met 3-6, 2-6, 7-5, 6-1, 6-1 geklop. Sinner sê hy het baie min energie gehad:

