Uraan bly kopseer in vrede tussen Amerika en Iran

Loading player...
Amerika en Iran trap klei om die 14-punt vredesraamwerk te aanvaar. Die proses word deur Pakistanse bemiddelaars onderhandel, maar fundamentele verskille bly oor sanksieverligting, die tydlyn vir die oplossing van die konflik, en of Iran van sy hoogs verrykte uraanvoorraad ontslae moet raak. Tydens 'n AMT-politieke gesprek het Roland Henwood, politieke ontleder van die Universiteit van Pretoria, verduidelik wat die VSA se verwagting van Iran is oor die verryking van uraan.
29 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Registrasie van nie-SA voertuie wat na SA reis het begin

Die tydelike registrasie van nie-Suid-Afrikaanse voertuie wat van SACU-lande afkomstig is en wat daardie land binnegaan, het vandag in werking getree. Die proses word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens geïmplementeer. Die ses maande lange permit kan aanlyn of by die grens verkry word. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel…
1 Jun 10AM 1 min

Eerste direkte Zürich-Windhoek Edelweiss-vlug land vanaand

Die eerste langverwagte Edelweiss-vlug wat Zürich en Windhoek verbind, land vanaand. Dit bring die totale vlugte deur die Lufthansa-groep se Edelweiss en Discover rederye op 13 weekliks te staan. Die groep sal meer as 152 000 jaarlikse sitplekke bydra, wat Namibië se posisie as 'n belangrike toegangspunt tot Europese markte…
1 Jun 10AM 1 min

Hou op grafiese beeldmateriaal op aanlyn versprei

Die speaker van die Johannesburgse raad, Margaret Arnolds, is bekommerd oor die voortgesette verspreiding van grafiese beeldmateriaal van gewelddadige voorvalle op sosiale media. Foto's van die naweek se moord op drie mense in Eldoradopark is op platforms gedeel. Arnolds se woordvoerder, Vusi Gumbi, sê voorvalle van geweldsmisdaad berokken steeds emosionele…
1 Jun 9AM 1 min

Bibi beveel aanvalle op Dahiyeh in Beiroet

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het aanvalle op die Dahiyeh-voorstad in Beiroet beveel. Dit is 'n vesting van die Irans-gesteunde militante Hizbollah in die Libanese hoofstad. Netanyahu sê dit is weens Hizbollah se herhaalde skendings van die skietstilstand en aanvalle op Israelse stede en burgers. Israel het aanvalle op…
1 Jun 9AM 1 min

GIPF herwin N$18,6 miljoen van korrupte oud-werkers

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds sê dat hy suksesvol 18,6 miljoen Namibiese dollar van twee voormalige werknemers wat van bedrog beskuldig is, verhaal het. Dit kom nadat die hof Martin Smith en Vabiola Aoses gelas het om die geld terug te betaal met rente van 20 persent per jaar, tesame met regskoste…
1 Jun 8AM 1 min