
Byna 1 000 onwettige migrante in SA vas
Loading player...
Polisie verskerp landwye operasies teen onwettige immigrasie deur Operasie Shanela. Byna 1 000 ongedokumenteerde buitelanders is die afgelope week in hegtenis geneem vir die oortreding van immigrasiewette. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê sedert Januarie vanjaar is meer as 29 000 onwettige buitelanders in hegtenis geneem tydens intelligensie-gedrewe operasies, padversperrings en stop-en-deursoekings. Mathe vra gemeenskappe om eiereg te vermy en saam met wetstoepassingsagentskappe te werk om misdaad te bekamp:

