
Hoër rente gaan boere swaar tref, sê Standard Bank
Loading player...
Standard Bank sê die Suid-Afrikaanse landbousektor staar nuwe finansiële druk in die gesig met die besluit van die Reserwebank se monetêre beleidskomitee om die rentekoers met 25 basispunte tot sewe persent te verhoog. Dis te midde van inflasie, hoër brandstofpryse en kommer oor 'n moontlike El Niño. Standard Bank se hoof van landbousake vir sakeondernemings en kommersiële banksake, Brendan Jacobs, sê die landbousektor is veral baie kwesbaar omdat brandstof en energiekoste nou verbonde is aan landbou, logistiek en voedselverspreidingsnetwerke:

