
NSFAF moet administrasie geplaas word
Loading player...
NSFAF se drama het steeds geen einde nie. Die staatsinstelling het in April afgekondig hulle sal met uitbetalings van nie-klasgelde vir vanjaar begin. Weens die fakturering- en verifikasieprosesse met tersiêre instellings sal almal nie hul fondse gelyktydig kry nie. Studente kla steeds en van hulle sê hulle het nie genoeg geld of kos vir die jaar nie. 'n Studente-aktivis, Intelligent Katire, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en het 'n voorstel.

