
Phala Phala ampsklagkomitee 'moet die waarheid nastreef'
Loading player...
DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die parlement se ampsklagkomitee moet die waarheid sonder aansien des persoons nastreef. In 'n onderhoud met SABC Nuus het Hill-Lewis gesê die proses gaan oor die beskerming van die waardes van aanspreeklikheid, etiek en eerlikheid in die regering eerder as enige individu of administrasie. Hy het beklemtoon dat alle bevindinge deur bewyse gelei moet word en dat enigiemand wat aan oortredings skuldig bevind word aanspreeklik gehou moet word, ongeag hul politieke posisie of invloed:

