Registrasie van nie-SA voertuie wat na SA reis het begin

Loading player...
Die tydelike registrasie van nie-Suid-Afrikaanse voertuie wat van SACU-lande afkomstig is en wat daardie land binnegaan, het vandag in werking getree. Die proses word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens geïmplementeer. Die ses maande lange permit kan aanlyn of by die grens verkry word. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel van die logistieke vereniging en uitvoerende hoof van FP du Toit Transport gepraat. Hy sê hierdie is fase een.
1 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SALGA spoor kiesers aan om verantwoordbare plaaslike leiers te kies

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering doen 'n beroep op geregistreerde kiesers om tydens die komende plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November etiese, bekwame en verantwoordbare leiers te kies. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê kiesers het 'n belangrike rol om te speel in die verbetering van dienslewering en om munisipaliteite…
28 Oct 3AM 1 min

Agra behaal rekordresultate met inkomste van N$3,14 miljard

Die landboudienstegroep Agra Beperk het rekord-finansiële resultate vir sy 2025/2026-boekjaar aangekondig, gedryf deur goeie reën, besigheidsdiversifikasie en uitbreiding in die kleinhandelsektor. Inkomste het met 11,7 persent tot 3,14 miljard Namibiese dollar gestyg, terwyl wins ná belasting met 26,1 persent tot 145,3 miljoen dollar toegeneem het. Die hoof finansiële beampte, Philip…
28 Oct 3AM 1 min

SA Polisie verwelkom nuwe adviesraad om polisiehervormings te rig

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter…
28 Oct 2AM 1 min

China-Afrika-bande al hoe belangriker namate wêreldhandel verander

Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê betrekkinge tussen China en Afrika word al hoe belangriker namate wêreldwye handelsdinamika verander. Dit kom terwyl ’n simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek begin het. Die simposium fokus op China se nul-tariefbeleid vir Afrikalande en die moontlike implikasies daarvan vir handel en ekonomiese…
28 Oct 2AM 1 min

Kantema: Digitale stelsels moet maatskaplike dienste verbeter en bedrog beperk

Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die ministerie is besig om maatskaplike beskermingsdienste te moderniseer deur digitale stelsels in te stel om dienslewering te verbeter. Sy het tydens die begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering gesê die hervormings sluit die digitalisering van mediese verslae vir ongeskiktheidstoelaes en…
28 Oct 1AM 1 min