
Unam-studente moet nóú vir Nsfaf-hulp aansoek doen
Loading player...
Meer as 6 000 studente aan die Universiteit van Namibië loop die risiko om finansiële bystand mis te loop namate die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds voorberei om sy aansoekvenster vir befondsing te sluit. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die universiteitswoordvoerder, Simon Namesho, dat studente wat reeds vir die akademiese jaar geregistreer het, maar nog nie vir befondsing aansoek gedoen het nie, dit onmiddellik moet doen, voor 11 Junie.

