Unam-studente moet nóú vir Nsfaf-hulp aansoek doen

Loading player...
Meer as 6 000 studente aan die Universiteit van Namibië loop die risiko om finansiële bystand mis te loop namate die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds voorberei om sy aansoekvenster vir befondsing te sluit. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die universiteitswoordvoerder, Simon Namesho, dat studente wat reeds vir die akademiese jaar geregistreer het, maar nog nie vir befondsing aansoek gedoen het nie, dit onmiddellik moet doen, voor 11 Junie.
1 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SALGA spoor kiesers aan om verantwoordbare plaaslike leiers te kies

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering doen 'n beroep op geregistreerde kiesers om tydens die komende plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November etiese, bekwame en verantwoordbare leiers te kies. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê kiesers het 'n belangrike rol om te speel in die verbetering van dienslewering en om munisipaliteite…
28 Oct 3AM 1 min

Agra behaal rekordresultate met inkomste van N$3,14 miljard

Die landboudienstegroep Agra Beperk het rekord-finansiële resultate vir sy 2025/2026-boekjaar aangekondig, gedryf deur goeie reën, besigheidsdiversifikasie en uitbreiding in die kleinhandelsektor. Inkomste het met 11,7 persent tot 3,14 miljard Namibiese dollar gestyg, terwyl wins ná belasting met 26,1 persent tot 145,3 miljoen dollar toegeneem het. Die hoof finansiële beampte, Philip…
28 Oct 3AM 1 min

SA Polisie verwelkom nuwe adviesraad om polisiehervormings te rig

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter…
28 Oct 2AM 1 min

China-Afrika-bande al hoe belangriker namate wêreldhandel verander

Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê betrekkinge tussen China en Afrika word al hoe belangriker namate wêreldwye handelsdinamika verander. Dit kom terwyl ’n simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek begin het. Die simposium fokus op China se nul-tariefbeleid vir Afrikalande en die moontlike implikasies daarvan vir handel en ekonomiese…
28 Oct 2AM 1 min

Kantema: Digitale stelsels moet maatskaplike dienste verbeter en bedrog beperk

Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die ministerie is besig om maatskaplike beskermingsdienste te moderniseer deur digitale stelsels in te stel om dienslewering te verbeter. Sy het tydens die begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering gesê die hervormings sluit die digitalisering van mediese verslae vir ongeskiktheidstoelaes en…
28 Oct 1AM 1 min