
Gautengse polisie vind R3 miljoen se tik
Loading player...
Die Gautengse polisie het 'n 35-jarige man in Diepsloot in hegtenis geneem na 'n intelligensie-gedrewe operasie deur die Teen-Narkotika-Misdaadintelligensie-eenheid en ander belanghebbendes. Woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê beamptes het ongeveer tien kilogram crystal meth, of tik, met 'n geraamde straatwaarde van drie-miljoen Suid-Afrikaanse rand onder 'n matras in 'n woning gevind. Sy sê die verdagte staan tereg op aanklag van dwelmbesit en sal na verwagting in die Randburgse Landdroshof verskyn:

