Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering doen 'n beroep op geregistreerde kiesers om tydens die komende plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November etiese, bekwame en verantwoordbare leiers te kies. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê kiesers het 'n belangrike rol om te speel in die verbetering van dienslewering en om munisipaliteite…
Die landboudienstegroep Agra Beperk het rekord-finansiële resultate vir sy 2025/2026-boekjaar aangekondig, gedryf deur goeie reën, besigheidsdiversifikasie en uitbreiding in die kleinhandelsektor. Inkomste het met 11,7 persent tot 3,14 miljard Namibiese dollar gestyg, terwyl wins ná belasting met 26,1 persent tot 145,3 miljoen dollar toegeneem het. Die hoof finansiële beampte, Philip…
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter…
Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê betrekkinge tussen China en Afrika word al hoe belangriker namate wêreldwye handelsdinamika verander. Dit kom terwyl ’n simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek begin het. Die simposium fokus op China se nul-tariefbeleid vir Afrikalande en die moontlike implikasies daarvan vir handel en ekonomiese…
Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die ministerie is besig om maatskaplike beskermingsdienste te moderniseer deur digitale stelsels in te stel om dienslewering te verbeter. Sy het tydens die begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering gesê die hervormings sluit die digitalisering van mediese verslae vir ongeskiktheidstoelaes en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.