VERSKILMAKERS: Cetric Mphofela

Loading player...
Vandag gesels ons met ’n ware verskilmaker. Cetric Kwena Mphofela is ’n passievolle omgewingsaktivis van Limpopo wat tans in Pretoria gebaseer is. Sedert 2020 het hy al honderde skoonmaakaksies regoor Gauteng en Limpopo gereël en meer as 200 000 sakke rommel help verwyder.

Nou pak hy ’n nuwe uitdaging aan: op **Wêreldomgewingsdag** beplan hy om van Pretoria tot by Kruger National Park te stap om bewustheid te skep oor besoedeling, bewaring en volhoubaarheid. Sy missie is eenvoudig maar kragtig – om gemeenskappe te inspireer om verantwoordelikheid te neem vir ons omgewing.
4 Jun 7AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min