Die binnelandse sake-ministerie het bewerings op sosiale media dat die regering beplan om mikroskyfies in mense in te plant, verwerp. Die nuwe elektroniese identiteit sal vanaf Augustus uitgerol word. Die administratiewe beampte vir siviele registrasie, Taddeus Shambalula, het tydens 'n inligtingsessie verduidelik dat die skyfie slegs in die nuwe elektroniese…
Die gewilde natuurbewaarders Marlice en dr. Rudie van Vuuren is genomineer vir beste aanbieder in 'n dokumentêre program by die 2026 kykNET Silwerskermfees. Die duo is genomineer vir Groen Namibië, 'n gewilde Afrikaanse televisiedokumentêre reeks oor wildbewaring. Die program fokus op wildrehabilitasie, anti-stropery, die versagting van mens-dier konflik en habitatbeskerming…
Die DA sê hoewel hy die besluit van die Kaapse Hooggeregshof in die Wes-Kaap respekteer om die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek te staak, moet die hersiening van president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak so gou as moontlik afgehandel word. Die leier van die party, Geordin Hill-Lewis sê die uitspraak spreek…
Dis ‘n bedrywige dag vir die Namibiese Nasionale Boogskietspan in Oran in Algerië, waar 17 lande vandag by die Afrika-kampioenskappe meeding. Dit is 'n wêreldranglys-kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Een van die Namibiese spanlede, Lutz Wahlers, het meer:
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied vandag sy landswye bloedskenkklinieke aan en nooi alle burgers wat kan, om te help om kritieke winterbloedvoorrade aan te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino gee meer besonderhede oor die klinieke in Windhoek en Swakopmund.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.