VSA stel nog sanksies in teen Kuba-president, ander

Loading player...
Die Amerikaanse Departement van Finansies het nuwe ekonomiese sanksies teen die Kubaanse president, Miguel Diaz-Canel, sy vrou en stiefseun ingestel. Dit sluit ook in die seun van oudpresident Raúl Castro, Alejandro Castro Espín, die minister van die Revolusionêre Weermag en ander eenhede. Amerika het verlede maand sanksies ingestel teen elf Kubaanse amptenare, sewe Weermagleiers en sy hoofintelligensie-agentskap. President Donald Trump ontken dit is gemik op die versnelling van Kuba se ineenstorting:
5 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

G'n mikroskyfies in mense, sê binnelandse sake

Die binnelandse sake-ministerie het bewerings op sosiale media dat die regering beplan om mikroskyfies in mense in te plant, verwerp. Die nuwe elektroniese identiteit sal vanaf Augustus uitgerol word. Die administratiewe beampte vir siviele registrasie, Taddeus Shambalula, het tydens 'n inligtingsessie verduidelik dat die skyfie slegs in die nuwe elektroniese…
25 Jul 6AM 1 min

Groen se Van Vuurens vir kykNET-toekenning benoem

Die gewilde natuurbewaarders Marlice en dr. Rudie van Vuuren is genomineer vir beste aanbieder in 'n dokumentêre program by die 2026 kykNET Silwerskermfees. Die duo is genomineer vir Groen Namibië, 'n gewilde Afrikaanse televisiedokumentêre reeks oor wildbewaring. Die program fokus op wildrehabilitasie, anti-stropery, die versagting van mens-dier konflik en habitatbeskerming…
25 Jul 5AM 1 min

Handel Phala Phala gou af, sê DA

Die DA sê hoewel hy die besluit van die Kaapse Hooggeregshof in die Wes-Kaap respekteer om die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek te staak, moet die hersiening van president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak so gou as moontlik afgehandel word. Die leier van die party, Geordin Hill-Lewis sê die uitspraak spreek…
25 Jul 4AM 1 min

Boogskiet: Besige dag vir Namibië in Algerië

Dis ‘n bedrywige dag vir die Namibiese Nasionale Boogskietspan in Oran in Algerië, waar 17 lande vandag by die Afrika-kampioenskappe meeding. Dit is 'n wêreldranglys-kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Een van die Namibiese spanlede, Lutz Wahlers, het meer:
25 Jul 3AM 1 min

Ondersteun landswye bloedskenkklinieke vandag

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied vandag sy landswye bloedskenkklinieke aan en nooi alle burgers wat kan, om te help om kritieke winterbloedvoorrade aan te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino gee meer besonderhede oor die klinieke in Windhoek en Swakopmund.
25 Jul 2AM 1 min