Mansgesondheidsmaand: wat is die gevaartekens van depressie en angs?

Loading player...
Junie is Mansgesondheidsmaand, en hoewel vroue meer dikwels met toestande soos depressie en angs gediagnoseer word, wys navorsing dat baie mans stilweg worstel en dikwels eers hulp soek wanneer hulle reeds in 'n krisis verkeer. Volgens kenners sal een uit elke vyf mans op een of ander stadium in sy lewe angs ervaar, terwyl een uit elke agt met depressie sal worstel. Ons gesels vandag met psigiater Dr Alicia Swart oor mans se geestesgesondheid, die uitdagings wat hulle ervaar, en waarom dit so belangrik is om die stigma rondom emosionele welstand te breek.
8 Jun 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min