Guterres lui alarm oor Midde-Ooste

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku oor die gevolge van toenemende geweld in die Midde-Ooste en vra volle ondersteuning vir ʼn tweestaat-oplossing. Vredesonderhandelinge tussen Amerika en Iran het tans ʼn dooiepunt bereik terwyl onlangse aanvalle dreig om die vordering wat reeds gemaak is, te ontspoor. Guterres het die Veiligheidsraad toegespreek en gewaarsku die skietstilstand tussen Amerika en Iran bly onseker en beskryf dit as “meer soos ʼn kleiner vuur”:
11 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boogskiet: Besige dag vir Namibië in Algerië

Dis ‘n bedrywige dag vir die Namibiese Nasionale Boogskietspan in Oran in Algerië, waar 17 lande vandag by die Afrika-kampioenskappe meeding. Dit is 'n wêreldranglys-kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Een van die Namibiese spanlede, Lutz Wahlers, het meer:
25 Jul 3AM 1 min

Ondersteun landswye bloedskenkklinieke vandag

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied vandag sy landswye bloedskenkklinieke aan en nooi alle burgers wat kan, om te help om kritieke winterbloedvoorrade aan te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino gee meer besonderhede oor die klinieke in Windhoek en Swakopmund.
25 Jul 2AM 1 min

Tradisionele geneser in KZN vas oor moord

Die KwaZulu-Natal politieke moordtaakspan het 'n tradisionele geneser van KwaMashu in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hy die moorde op die ANC-jeugliga-lid Thamsanqa Gcabashe, die eThekwini-metropolisiebeamptes Lindokuhle Madonsela, en Ndumiso Thusi in 2020 beplan het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagte sal na verwagting Maandag in die Hammarsdale-landdroshof…
25 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Burgemeester, CoW-hoëlui monitor Windhoek se naglewe

Windhoek se burgemeester, Sakarias Uunona, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, Moses Matyayi, en ander hoëlui het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit om hulle van inwoners se doen en late in die nag te vergewis. Die hoofstad se paaie het oudergewoonte vir ‘n paar insidente gesorg. Kosmos 94.1 se…
25 Jul 12AM 1 min