Bouvertroueindeks in SA daal

Loading player...
Die Bouvertroueindeks van die FNB Buro vir Ekonomiese Navorsing, toon Suid-Afrika se konstruksiesektor was in die tweede kwartaal van 2026 meer pessimisties, en het van 42 in die vorige kwartaal tot 38 gedaal. Die FNB-ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê die afname hou verband met swakker bouaktiwiteit, laer winsgewendheid en stygende koste, deels gedryf deur wêreldwye onsekerheid as gevolg van die konflik in die Midde-Ooste:
11 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boogskiet: Besige dag vir Namibië in Algerië

Dis ‘n bedrywige dag vir die Namibiese Nasionale Boogskietspan in Oran in Algerië, waar 17 lande vandag by die Afrika-kampioenskappe meeding. Dit is 'n wêreldranglys-kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Een van die Namibiese spanlede, Lutz Wahlers, het meer:
25 Jul 3AM 1 min

Ondersteun landswye bloedskenkklinieke vandag

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied vandag sy landswye bloedskenkklinieke aan en nooi alle burgers wat kan, om te help om kritieke winterbloedvoorrade aan te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino gee meer besonderhede oor die klinieke in Windhoek en Swakopmund.
25 Jul 2AM 1 min

Tradisionele geneser in KZN vas oor moord

Die KwaZulu-Natal politieke moordtaakspan het 'n tradisionele geneser van KwaMashu in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hy die moorde op die ANC-jeugliga-lid Thamsanqa Gcabashe, die eThekwini-metropolisiebeamptes Lindokuhle Madonsela, en Ndumiso Thusi in 2020 beplan het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagte sal na verwagting Maandag in die Hammarsdale-landdroshof…
25 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Burgemeester, CoW-hoëlui monitor Windhoek se naglewe

Windhoek se burgemeester, Sakarias Uunona, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, Moses Matyayi, en ander hoëlui het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit om hulle van inwoners se doen en late in die nag te vergewis. Die hoofstad se paaie het oudergewoonte vir ‘n paar insidente gesorg. Kosmos 94.1 se…
25 Jul 12AM 1 min