Trump is 'mal oor die hoë inflasie'

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump sê hy is mal oor die hoë inflasie in die VSA, terwyl pryse in Mei teen die vinnigste tempo in drie jaar gestyg het. Hy het tydens 'n perskonferensie in die Oval Office gesê die "syfers is puik" toe hy gevra is oor die Buro vir Arbeidstatistiek se syfers wat toon dat inflasie in Mei met 4,2 persent gestyg het van 'n jaar tevore. In Maart was die inflasiesyfer 3,8 persent. Hy het ook beweer dat Amerikaanse magte nagtelike operasies uitgevoer het waarin miljoene vate olie uit Iran verwyder is, wat bygedra het tot 'n effense daling in oliepryse. Brent-ruolie verhandel egter steeds aansienlik hoër as vooroorlogse vlakke. Luister self.
11 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boogskiet: Besige dag vir Namibië in Algerië

Dis ‘n bedrywige dag vir die Namibiese Nasionale Boogskietspan in Oran in Algerië, waar 17 lande vandag by die Afrika-kampioenskappe meeding. Dit is 'n wêreldranglys-kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Een van die Namibiese spanlede, Lutz Wahlers, het meer:
25 Jul 3AM 1 min

Ondersteun landswye bloedskenkklinieke vandag

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied vandag sy landswye bloedskenkklinieke aan en nooi alle burgers wat kan, om te help om kritieke winterbloedvoorrade aan te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino gee meer besonderhede oor die klinieke in Windhoek en Swakopmund.
25 Jul 2AM 1 min

Tradisionele geneser in KZN vas oor moord

Die KwaZulu-Natal politieke moordtaakspan het 'n tradisionele geneser van KwaMashu in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hy die moorde op die ANC-jeugliga-lid Thamsanqa Gcabashe, die eThekwini-metropolisiebeamptes Lindokuhle Madonsela, en Ndumiso Thusi in 2020 beplan het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagte sal na verwagting Maandag in die Hammarsdale-landdroshof…
25 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Burgemeester, CoW-hoëlui monitor Windhoek se naglewe

Windhoek se burgemeester, Sakarias Uunona, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, Moses Matyayi, en ander hoëlui het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit om hulle van inwoners se doen en late in die nag te vergewis. Die hoofstad se paaie het oudergewoonte vir ‘n paar insidente gesorg. Kosmos 94.1 se…
25 Jul 12AM 1 min