Bafana verloor 2-0 teen Mexiko

Loading player...
Bafana Bafana-afrigter, Hugo Broos, sê hulle het oor die algemeen goed gespeel in hul Wêreldbeker-openingswedstryd teen die mede-gasheerland, Mexiko, maar glo hulle aanvalle was nie dreigend genoeg nie. Julian Quinones en Raul Jimenez se doele het Mexiko se 2-0 oorwinning oor Suid-Afrika beklink in ʼn wedstryd waar drie rooi kaarte uitgedeel is. Bafana Bafana het die wedstryd met nege spelers klaargemaak nadat Sphephelo Sithole en Themba Zwane in die tweede helfte afgestuur is. Broos sê Zwane se rooi kaart was sag:
11 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ondersteun landswye bloedskenkklinieke vandag

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied vandag sy landswye bloedskenkklinieke aan en nooi alle burgers wat kan, om te help om kritieke winterbloedvoorrade aan te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino gee meer besonderhede oor die klinieke in Windhoek en Swakopmund.
25 Jul 2AM 1 min

Tradisionele geneser in KZN vas oor moord

Die KwaZulu-Natal politieke moordtaakspan het 'n tradisionele geneser van KwaMashu in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hy die moorde op die ANC-jeugliga-lid Thamsanqa Gcabashe, die eThekwini-metropolisiebeamptes Lindokuhle Madonsela, en Ndumiso Thusi in 2020 beplan het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagte sal na verwagting Maandag in die Hammarsdale-landdroshof…
25 Jul 1AM 1 min

Copps 94.1: Burgemeester, CoW-hoëlui monitor Windhoek se naglewe

Windhoek se burgemeester, Sakarias Uunona, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, Moses Matyayi, en ander hoëlui het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit om hulle van inwoners se doen en late in die nag te vergewis. Die hoofstad se paaie het oudergewoonte vir ‘n paar insidente gesorg. Kosmos 94.1 se…
25 Jul 12AM 1 min