SA oortref WGO se TB-mylpaal voortydig

Loading player...
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika het vordering getoon in die stryd teen tuberkulose deur stelsels te versterk en innovasie en tegnologie toe te pas. Hy het die slotopmerkings gelewer by die Negende Suid-Afrikaanse TB-konferensie in Boksburg, Gauteng, in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale VIGS-raad. Mashatile sê die land het sedert 2015 'n 61-persent-vermindering in TB-voorkoms behaal. Dit het die Wêreldgesondheidsorganisasie se 2025-mylpaal voortydig oortref:
12 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min

Meer mense moet in pensioenfondse belê: verslag

Namibië het die hoogste telling van vier Afrika-lande in die jongste Mercer CFA Institute se Globale Pensioenindeks behaal, met 57,5 punte en ’n C-gradering. Die land is voor Botswana, Suid-Afrika en Kenia. Zandria Venter, hoof van groei by Alexforbes, sê hoewel Namibië ’n stewige grondslag het, beklemtoon die verslag die…
27 Oct 10AM 1 min

PDM-LP het vrae oor beleid-implementering

Die PDM-parlementslid Diederik Vries het in die parlement kennis gegee van vrae oor die regering se rekord in die implementering van beleid en die lewering van tasbare ontwikkelingsresultate aan Namibiërs. Vries sal die vrae volgende week aan die minister in die Presidensie, Charles Mubita, voorlê, midde kommer oor die voortdurende…
27 Oct 10AM 1 min