Planne vir Ekoka-skema besproeiing vorder fluks

Loading player...
Die landbouministerie beplan om die nuwe 140-hektaar Ekoka-groenskema in die Ohangwena-streek, wat tans op reënwater staatmaak, in 'n volwaardige besproeiingskema te omskep. Vir die huidige boekjaar sluit planne die konstruksie en instandhouding van besproeiingsinfrastruktuur en die verkryging van saad, chemikalieë en kunsmis vir die somergewasseseisoen in. Woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat proefgewasse soos mahangu, sorghum, akkerbone en mielies tans geplant is.
12 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Burgemeester, CoW-hoëlui monitor Windhoek se naglewe

Windhoek se burgemeester, Sakarias Uunona, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, Moses Matyayi, en ander hoëlui het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit om hulle van inwoners se doen en late in die nag te vergewis. Die hoofstad se paaie het oudergewoonte vir ‘n paar insidente gesorg. Kosmos 94.1 se…
25 Jul 12AM 1 min

F1: Russel veg voort

Motorsport: Die Mercedes-renjaer George Russell beskryf sy seisoen as 'n emosionele wipplank nadat hy dit as 'n gunsteling vir die wêreldkampioenskapstitel begin het. 'n Battery-fout en 'n botsing tydens verlede naweek se Belgiese Grand Prix het gelei tot sy tweede onvoltooide wedren. Die Brit is 50 punte agter sy spanmaat,…
24 Jul 11AM 1 min

Hardap-polisie konfiskeer N$2,6 miljoen se dwelms in 2025

Die polisie in die Hardap-streek het gekonfiskeerde dwelms vernietig uit sake wat tussen Januarie en Desember 2025 afgehandel is. Dwelms ter waarde van 2,6 miljoen Namibiese dollar is gekonfiskeer en slegs 462 510 dollar se waarde is nou vernietig, het adjunkkommissaris Theodore Kotungondo gesê. Die vernietigde dwelms het 600 Mandrax-tablette,…
24 Jul 11AM 1 min