Amushelelo niks lus om tot 30ste te wag nie, stel nuwe ultimatum

Loading player...
Aktivis Michael Amushelelo, is besig om ‘n vreedsame padprotesoptog te reël, mits vervoerminister Veikko Nekundi nie teen Vrydag die spoedbrekers op Windhoek se B1 Westelike Verbypad verwyder het nie. Dit volg ná regter Gabriel Komboni Vrydagmiddag in die hoërhof sy uitspraak tot 30 Junie voorbehou het in Amushelelo se dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus voer Amushelelo aan dat die spoedbrekers 'n direkte gevaar vir motoriste inhou en 'n ramp is wat wag om op 'n nasionale snelweg te gebeur.
15 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Uitslag van Israel-verkiesing moeilik om te voorspel

Israel stem vandag in die land se eerste nasionale verkiesing sedert die Hamas-aanvalle van 7 Oktober 2023. Ilse Strauss, korrespondent vir Kosmos 94.1 Nuus, berig vanuit Jerusalem dat die aandag wêreldwyd gevestig is op die vraag of premier Benjamin Netanyahu aan bewind sal bly. Israel se proporsionele kiesstelsel, waarin partye…
27 Oct 11AM 1 min

Omskep indringerbos in veevoer, droogte is op pad

Elke reënseisoen versprei indringerbos verder en verminder dit natuurlike weiding, terwyl droogtes die probleem vererger. Midde die bykomende uitdagings wat bek-en-klouseer vir die landbousektor inhou, word die omskepping van indringerbos in veevoer volgens die landboudeskundige dr. Dagmar Honsbein al hoe belangriker. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
27 Oct 11AM 1 min

Meer mense moet in pensioenfondse belê: verslag

Namibië het die hoogste telling van vier Afrika-lande in die jongste Mercer CFA Institute se Globale Pensioenindeks behaal, met 57,5 punte en ’n C-gradering. Die land is voor Botswana, Suid-Afrika en Kenia. Zandria Venter, hoof van groei by Alexforbes, sê hoewel Namibië ’n stewige grondslag het, beklemtoon die verslag die…
27 Oct 10AM 1 min

PDM-LP het vrae oor beleid-implementering

Die PDM-parlementslid Diederik Vries het in die parlement kennis gegee van vrae oor die regering se rekord in die implementering van beleid en die lewering van tasbare ontwikkelingsresultate aan Namibiërs. Vries sal die vrae volgende week aan die minister in die Presidensie, Charles Mubita, voorlê, midde kommer oor die voortdurende…
27 Oct 10AM 1 min