#OntbytMetDoepieEnNina - Bernice West & Droomsindroom

Loading player...
Droomsindroom en Bernice West span kragte saam vir hul splinternuwe enkelsnit, “Toelaat”. Die liedjie kombineer Droomsindroom se kenmerkende klank met Bernice se unieke stem en vertel ’n verhaal van liefde, vertroue en die moed om jou hart oop te maak. Met ’n vars, moderne aanslag en ’n pakkende refrein is “Toelaat” beslis ’n liedjie wat by luisteraars sal aanklank vind.
12 Jun Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Brendan Peyper "ou Dae"

Brendan het kom kuier oor sy nuwe enkelsnit "Ou Dae". Dis 'n kyk terug na eenvoudiger tye en roep herinneringe op van alles van Mix-It chats, laatnag Coco Pops en DVD's voor die kaggel, tot eerste soene, garage bands en sorgvrye avonture.
18 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Johan Botha van Solidatiteit

Die Gautengse Onderwysdepartement het volgens Solidariteit erken dat hy nie meer sy statutêr verpligte subsidies aan skole kan betaal nie. Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het daarom Woensdag, 16 September 2026, die parlement gevra om die departement onder administrasie te plaas. Ons gesels met Johan Botha om meer uit…
17 Sep 8 min