Straat van Hormuz deels oop, maar daar is verskille in ooreenkoms

Loading player...
Die Straat van Hormuz is reeds gedeeltelik oop en sal van Vrydag af heeltemal oop wees ná 'n ooreenkoms tussen Iran en die VSA geteken is om die Midde-Oosterse oorlog te beëindig, volgens president Donald Trump. Trump het voor bilaterale gesprekke met Franse president Emmanuel Macron gepraat, net voor die G7-spitsberaad in Frankryk begin het. Kritici waarsku egter dat daar reeds verskille is tussen wat Amerika en Iran oor die ooreenkoms sê. Bemiddelaar Pakistan het onder andere gesê dit sluit 'n einde aan militêre operasies in Libanon in, maar Israel sê sy magte sal onbepaald in die land bly. Luister na Trump:
15 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA regering sluit steeds bruin gemeenskappe uit: NCC

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, sê bruin gemeenskappe word steeds benadeel en ekonomies uitgesluit. Hy het die ANC en die DA in die Wes-Kaap gekritiseer tydens 'n onderhoud met die SABC voor volgende Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Adams sê indiensnemingsbeleide beperk geleenthede vir bruin jeugdiges en…
26 Oct 11AM 1 min

Ja, vleis van Meatco-verslagtings word plaaslik verkoop

Meatco het bevestig dat die maatskappy môre en Woensdag meer as 400 beeste sal slag. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira gesê slegs beeste wat reeds aan Meatco behoort en in sy eie voerkrale gehou word, sal verwerk word. Sy het ook bevestig dat al…
26 Oct 11AM 1 min

BKS strem kameelperd-verskuiwings

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Suider-Afrika strem die verskuiwing van kameelperde in Namibië, Suid-Afrika en Botswana. Julian Fennessy, medestigter van die Giraffe Conservation Foundation, waarsku dat beperkings op die verskuiwing van gesplete-hoefdiere pogings om kameelperde in nuwe gebiede te hervestig, belemmer en sowel bewaring as landelike gemeenskappe se lewensonderhoud bedreig. Hy het…
26 Oct 10AM 1 min

Dis wat NNN in Moskou gaan doen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit…
26 Oct 10AM 1 min