Oorskot van KZN-man uit Rusland gerepatrieer

Loading player...
Die oorskot van 'n man van KwaZulu-Natal, wat na bewering met werksbeloftes na Rusland gelok is, is na Suid-Afrika teruggebring. Sihle Makhaye was onder 'n groep Suid-Afrikaners wat in Julie verlede jaar vir sekuriteitswerk gewerf is, maar in plaas daarvan gevra is om 'n jaarkontrak te teken om aan die frontlinie van die Russies/Oekraïnse oorlog te veg. Die LUR vir die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê die nasionale regering het gehelp om Makhaye se oorskot te repatrieer:
16 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

F1: Russel veg voort

Motorsport: Die Mercedes-renjaer George Russell beskryf sy seisoen as 'n emosionele wipplank nadat hy dit as 'n gunsteling vir die wêreldkampioenskapstitel begin het. 'n Battery-fout en 'n botsing tydens verlede naweek se Belgiese Grand Prix het gelei tot sy tweede onvoltooide wedren. Die Brit is 50 punte agter sy spanmaat,…
24 Jul 11AM 1 min

Hardap-polisie konfiskeer N$2,6 miljoen se dwelms in 2025

Die polisie in die Hardap-streek het gekonfiskeerde dwelms vernietig uit sake wat tussen Januarie en Desember 2025 afgehandel is. Dwelms ter waarde van 2,6 miljoen Namibiese dollar is gekonfiskeer en slegs 462 510 dollar se waarde is nou vernietig, het adjunkkommissaris Theodore Kotungondo gesê. Die vernietigde dwelms het 600 Mandrax-tablette,…
24 Jul 11AM 1 min

Dinge gaan brul by Tsumeb-tydren

Die Tsumeb-tydren vind môre plaas en is die derde been van die Namibiese Nasionale Tydrenkampioenskappe. Daar is 18 inskrywings in die S-klas en CR-klas, wat 10 spesiale stadiums oor 105 kilometer vir 'n totale afstand van 237 kilometer dek. Francois Lottering van Kosmos 94.1 sal die byeenkoms regstreeks dek met…
24 Jul 10AM 1 min

'Potjie'-Joalette genomineer vir kykNET Silwerskermfees-prys

Die aanbieder van die treffer-televisieleefstylreeks “Op Pad Met My Potjie”, Joalette de Villiers, is genomineer vir Beste Aanbieder in 'n Leefstylprogram by die gesogte kykNET Silwerskermfees. Die Swakopmunder se nominasie erken haar bydrae tot die program se suksesvolle tweede seisoen, wat gehore in Namibië, Suid-Afrika en verder betower het. Vervaardig…
24 Jul 10AM 1 min