Namibiese vragmotorbestuurder in SA vas vir smokkel van AK-47's

Loading player...
Ten minste een Namibiese vragmotorbestuurder is onder vier verdagtes wat die polisie in Gauteng in Magaliesburg gearresteer nadat agt AK-47-gewere en sewe leë magasyne in ʼn wit sak ontdek is. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Sello, sê hulle was op die R24 op patrollie toe hulle ʼn Volvo-vragmotor met ʼn Namibiese registrasienommer en ʼn Mazda-motor agter hom langs die pad sien staan. Sy sê terwyl hulle die voertuie dopgehou het, het hulle gesien hoe twee mans ʼn mieliesak van die vragmotor na die motor dra:
17 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

F1: Russel veg voort

Motorsport: Die Mercedes-renjaer George Russell beskryf sy seisoen as 'n emosionele wipplank nadat hy dit as 'n gunsteling vir die wêreldkampioenskapstitel begin het. 'n Battery-fout en 'n botsing tydens verlede naweek se Belgiese Grand Prix het gelei tot sy tweede onvoltooide wedren. Die Brit is 50 punte agter sy spanmaat,…
24 Jul 11AM 1 min

Hardap-polisie konfiskeer N$2,6 miljoen se dwelms in 2025

Die polisie in die Hardap-streek het gekonfiskeerde dwelms vernietig uit sake wat tussen Januarie en Desember 2025 afgehandel is. Dwelms ter waarde van 2,6 miljoen Namibiese dollar is gekonfiskeer en slegs 462 510 dollar se waarde is nou vernietig, het adjunkkommissaris Theodore Kotungondo gesê. Die vernietigde dwelms het 600 Mandrax-tablette,…
24 Jul 11AM 1 min

Dinge gaan brul by Tsumeb-tydren

Die Tsumeb-tydren vind môre plaas en is die derde been van die Namibiese Nasionale Tydrenkampioenskappe. Daar is 18 inskrywings in die S-klas en CR-klas, wat 10 spesiale stadiums oor 105 kilometer vir 'n totale afstand van 237 kilometer dek. Francois Lottering van Kosmos 94.1 sal die byeenkoms regstreeks dek met…
24 Jul 10AM 1 min

'Potjie'-Joalette genomineer vir kykNET Silwerskermfees-prys

Die aanbieder van die treffer-televisieleefstylreeks “Op Pad Met My Potjie”, Joalette de Villiers, is genomineer vir Beste Aanbieder in 'n Leefstylprogram by die gesogte kykNET Silwerskermfees. Die Swakopmunder se nominasie erken haar bydrae tot die program se suksesvolle tweede seisoen, wat gehore in Namibië, Suid-Afrika en verder betower het. Vervaardig…
24 Jul 10AM 1 min