Rassie verduidelik sy Quan Horn-losskakelkeuse

Loading player...
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die bestuur van spelers was ʼn belangrik faktor in sy besluit om die Leeus se heelagter, Quan Horn, op losskakel te kies vir Saterdag se wedstryd teen die Barbarians in Gqeberha. Dis weens Manie Libbok se werkslading in Japan, Sacha Feinberg-Mngomezulu se besering en Handré Pollard se betrokkenheid in die Bulle se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd. Erasmus sê Horn se veelsydigheid kan in die langtermyn waardevol wees:
17 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

F1: Russel veg voort

Motorsport: Die Mercedes-renjaer George Russell beskryf sy seisoen as 'n emosionele wipplank nadat hy dit as 'n gunsteling vir die wêreldkampioenskapstitel begin het. 'n Battery-fout en 'n botsing tydens verlede naweek se Belgiese Grand Prix het gelei tot sy tweede onvoltooide wedren. Die Brit is 50 punte agter sy spanmaat,…
24 Jul 11AM 1 min

Hardap-polisie konfiskeer N$2,6 miljoen se dwelms in 2025

Die polisie in die Hardap-streek het gekonfiskeerde dwelms vernietig uit sake wat tussen Januarie en Desember 2025 afgehandel is. Dwelms ter waarde van 2,6 miljoen Namibiese dollar is gekonfiskeer en slegs 462 510 dollar se waarde is nou vernietig, het adjunkkommissaris Theodore Kotungondo gesê. Die vernietigde dwelms het 600 Mandrax-tablette,…
24 Jul 11AM 1 min

Dinge gaan brul by Tsumeb-tydren

Die Tsumeb-tydren vind môre plaas en is die derde been van die Namibiese Nasionale Tydrenkampioenskappe. Daar is 18 inskrywings in die S-klas en CR-klas, wat 10 spesiale stadiums oor 105 kilometer vir 'n totale afstand van 237 kilometer dek. Francois Lottering van Kosmos 94.1 sal die byeenkoms regstreeks dek met…
24 Jul 10AM 1 min

'Potjie'-Joalette genomineer vir kykNET Silwerskermfees-prys

Die aanbieder van die treffer-televisieleefstylreeks “Op Pad Met My Potjie”, Joalette de Villiers, is genomineer vir Beste Aanbieder in 'n Leefstylprogram by die gesogte kykNET Silwerskermfees. Die Swakopmunder se nominasie erken haar bydrae tot die program se suksesvolle tweede seisoen, wat gehore in Namibië, Suid-Afrika en verder betower het. Vervaardig…
24 Jul 10AM 1 min