Venita gesels met Sasha Burn oor haar splinternuwe enkelsnit ONE. Sy vertel hoe hierdie liedjie gaan oorliefde, verlange en daardie groot “wat as?”-vrae wat ons almal soms ronddra.
Manfred Zipfel het onlangs sy nuutste enkelsnit, Colours of the Earth, vrygestel – ’n kragtige en emosionele liedjie met ’n belangrike boodskap oor ons verhouding met die aarde en die verantwoordelikheid wat ons dra om dit te beskerm. Hy gesels met Venita oor hierdie enkelsnit en deel meer oor sy…
Carley het by Venita kom kuier om te gesels oor nuwe musiek - WAG VIR JOU. Sy vertel meer hoe sy na matriek balans gaan vind tussen haar studies en liefde vir musiek en wat haar droom vir haar loopbaan is.
Amy Jones is TERUG op #WeeksdaeVibes na 3 JAAR!! Sy vertel vir Venita hoe haar lewe die laaste paar jaar verander het en die nuwe fokus en boodskap wat sy oordra in haar musiek. Sy gesels ook oor haar nuwe enkelsnit - Again!
Tamryn gesels met Venita oor haar nuwe enkelsnit Egte Liefde. Sy vertel hoe die liedjie deur persoonlike ervarings geïnspireer is, en hoe haar familie die mense is wat haar help om haar drome na te jaag en haar deurentyd ondersteun.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.