Getuienis: Erich en Lizette Posthumus

Loading player...
Erich Posthumus en Lizette Posthumus is bekende Suid-Afrikaanse motiveringsprekers en geestelike leiers wat al vir dekades lank deur hul kinder- en jeugbediening, boeke en gesinsbediening duisende mense bedien. Ná ’n ernstige motorongeluk in November 2025 waarin hulle en hul dogter wonderbaarlik oorleef het, het hulle ook ’n pad van fisiese en emosionele herstel gestap. Te midde van uitdagings bly hulle daarop gefokus om die goeie nuus van Christus te deel en gesinne toe te rus om ’n Bybelse fondament in hul huise te bou. Hulle het hul getuienis met Sarina kom deel.
22 Jun 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: Food4Hope

In ’n land waar voedselsekerheid vir baie gesinne ’n daaglikse uitdaging is, is daar organisasies wat nie net kos voorsien nie, maar ook hoop bring. Food for Hope is só ’n inisiatief wat daarop fokus om waardigheid te herstel, gemeenskappe te bemagtig en volhoubare verandering te skep. Vandag gesels ons…
26 Jun 6AM 7 min

Snoete-goete: Bring your dog to work day

26 Junie is "Bring your dog to work day". Die span van TOP Dogs het by Sarina aangesluit om te vertel van die werk wat hulle doen met terapie-honde en die positiewe invloed wat 'n troeteldier op jou gemoed kan hê!
26 Jun 6AM 13 min

Aktualiteit: misdaad in Pretoria en die belangrikheid van Gemeenskapspolisiëringsforums

Misdaad bly een van die grootste uitdagings waarmee gemeenskappe in Pretoria daagliks te kampe het. Van huisbrake en voertuigmisdaad tot bedrog en veiligheidskwessies in woonbuurte – inwoners is toenemend afhanklik van samewerking tussen die SAPD, Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF's), sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap self. Vandag gesels ons met verteenwoordigers van verskeie GPF's…
24 Jun 6AM 24 min

Wêreld Allergieweek

Wêreld Allergieweek word van 21 tot 27 Junie wêreldwyd gehuldig en vanjaar val die fokus op die boodskap dat allergiebehandeling noodsaaklike gesondheidsorg is. Allergiese siektes soos asma, voedselallergieë, ekseem en hooikoors neem wêreldwyd toe en raak miljoene mense se daaglikse lewe, werk, skool en gesondheid. Om meer hieroor te gesels,…
24 Jun 6AM 9 min

Midjaar-uitbranding - Anja van Beek

Ons is amper halfpad deur die jaar, en vir baie mense begin die druk van sperdatums, werkverpligtinge en persoonlike verantwoordelikhede nou ophoop. Dit kan lei tot uitputting, stres en selfs uitbranding. Maar hoe weet jy wanneer jy bloot moeg is, en wanneer jy op pad is na ernstige uitbranding? Ons…
23 Jun 6AM 19 min