GOOD wil kandidate beveilig sien na sluipmoord

Loading player...
Die GOOD-party sê ʼn sluipmoord in Kaapstad wat met kieserregistrasie verbind word, is ʼn aanval op die stem-proses en elke inwoner se reg om vry en sonder vrees deel te neem. ʼn DA-wykskandidaat in die tussenverkiesing in Dunoon, Sinovuyo Dyokwe, is Saterdag vermoor. Jonathan Cupido van GOOD sê die Verkiesingskommissie, die metro en die polisie moet dringend die veiligheid van kandidate, party-werkers en registrasie-personeel hersien in aanloop tot die munisipale verkiesing:
22 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

F1: Russel veg voort

Motorsport: Die Mercedes-renjaer George Russell beskryf sy seisoen as 'n emosionele wipplank nadat hy dit as 'n gunsteling vir die wêreldkampioenskapstitel begin het. 'n Battery-fout en 'n botsing tydens verlede naweek se Belgiese Grand Prix het gelei tot sy tweede onvoltooide wedren. Die Brit is 50 punte agter sy spanmaat,…
24 Jul 11AM 1 min

Hardap-polisie konfiskeer N$2,6 miljoen se dwelms in 2025

Die polisie in die Hardap-streek het gekonfiskeerde dwelms vernietig uit sake wat tussen Januarie en Desember 2025 afgehandel is. Dwelms ter waarde van 2,6 miljoen Namibiese dollar is gekonfiskeer en slegs 462 510 dollar se waarde is nou vernietig, het adjunkkommissaris Theodore Kotungondo gesê. Die vernietigde dwelms het 600 Mandrax-tablette,…
24 Jul 11AM 1 min

Dinge gaan brul by Tsumeb-tydren

Die Tsumeb-tydren vind môre plaas en is die derde been van die Namibiese Nasionale Tydrenkampioenskappe. Daar is 18 inskrywings in die S-klas en CR-klas, wat 10 spesiale stadiums oor 105 kilometer vir 'n totale afstand van 237 kilometer dek. Francois Lottering van Kosmos 94.1 sal die byeenkoms regstreeks dek met…
24 Jul 10AM 1 min

'Potjie'-Joalette genomineer vir kykNET Silwerskermfees-prys

Die aanbieder van die treffer-televisieleefstylreeks “Op Pad Met My Potjie”, Joalette de Villiers, is genomineer vir Beste Aanbieder in 'n Leefstylprogram by die gesogte kykNET Silwerskermfees. Die Swakopmunder se nominasie erken haar bydrae tot die program se suksesvolle tweede seisoen, wat gehore in Namibië, Suid-Afrika en verder betower het. Vervaardig…
24 Jul 10AM 1 min

Basiese inkomstetoelaag nou broodnodig: kenner

'n Basiese inkomstetoelaag is weer in die kollig nadat die opname oor finansiële insluiting van 2025 aan die lig gebring het dat sowat 75 persent van Namibiese volwassenes se salaris nie tot hul volgende betaaldag hou nie. Volgens die verslag leen 51,3 persent van werkende volwassenes geld om kos te…
24 Jul 10AM 1 min