Daling in brandstofprys vir Julie verwag

Loading player...
Volgende week hierdie tyd behoort motoriste 'n duideliker aanduiding te hê van hoe brandstofpryse in Julie sal lyk. Met wêreldwye oliepryse wat aansienlik gedaal het en die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar wat beter vertoon, groei die verwagting dat verligting by die pompe op pad kan wees. Simonis Storm se ekonoom Almandro Jansen sê huidige marktoestande ondersteun die moontlikheid van 'n daling:
23 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dinge gaan brul by Tsumeb-tydren

Die Tsumeb-tydren vind môre plaas en is die derde been van die Namibiese Nasionale Tydrenkampioenskappe. Daar is 18 inskrywings in die S-klas en CR-klas, wat 10 spesiale stadiums oor 105 kilometer vir 'n totale afstand van 237 kilometer dek. Francois Lottering van Kosmos 94.1 sal die byeenkoms regstreeks dek met…
24 Jul 10AM 1 min

'Potjie'-Joalette genomineer vir kykNET Silwerskermfees-prys

Die aanbieder van die treffer-televisieleefstylreeks “Op Pad Met My Potjie”, Joalette de Villiers, is genomineer vir Beste Aanbieder in 'n Leefstylprogram by die gesogte kykNET Silwerskermfees. Die Swakopmunder se nominasie erken haar bydrae tot die program se suksesvolle tweede seisoen, wat gehore in Namibië, Suid-Afrika en verder betower het. Vervaardig…
24 Jul 10AM 1 min

Basiese inkomstetoelaag nou broodnodig: kenner

'n Basiese inkomstetoelaag is weer in die kollig nadat die opname oor finansiële insluiting van 2025 aan die lig gebring het dat sowat 75 persent van Namibiese volwassenes se salaris nie tot hul volgende betaaldag hou nie. Volgens die verslag leen 51,3 persent van werkende volwassenes geld om kos te…
24 Jul 10AM 1 min

Hoë syfers van geweld teen kinders verg optrede

Die vrystelling van die 2025 Kinderbeskermingsverslag het hernude oproepe vir sterker kinderbeskermingsmaatreëls ontlok. Die verslag het bevind dat gemiddeld 1 252 meisies en 711 seuns elke jaar tussen 2014 en 2023 geweld ervaar het. Terwyl die syfers 'n afname tussen 2020 en 2021 as gevolg van Covid-19 aandui, sê voormalige…
24 Jul 10AM 1 min

Kanada sal met VSA oor handel onderhandel, maar...

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê hulle sal steeds met Amerika onderhandel oor 'n nuwe handelsooreenkoms, maar kan reageer as nuwe dreigende tariewe in werking tree. President Donald Trump se administrasie het nuwe tariewe van 50-persent op 'n reeks Kanadese goedere aangekondig wat vanaf 19 Augustus sal geld. Carney…
24 Jul 8AM 1 min